SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

KYK REEKS

Dit was ook een van die oudste fotoverhale wat verskyn het.  Dit het verhale oor die alledaagse lewe uitgebeeld. Daar was nie ’n spesifieke hoofkarakter nie.  Daar is grootliks van akteurs met Italiaanse name gebruik gemaak.  Foto’s van die akteurs het gereeld in die binne blaaie van die boekies voorgekom.  KYK was ook die eerste fotoverhaal wat in A4 grootte verskyn het.  Die verhale het afgewissel tussen liefdesverhale, dramas en ook aksie belaaide verhale. Weens die groot verskeidenheid van verhale was die tydskrif baie gewild en het gou ’n groot leserstal opgebou.  

Die verskeidenheid het daartoe bygedra dat dit byval gevind het by beide mans en vroue.  In my dae was dit meer bekend as “grootmens” leesstof en was die verhale hoofsaaklik op die volwasse mark gerig.  Weens die uiteenlopendheid van die verhale kan ’n mens aanneem dat ’n wye verskeidenheid skrywers waarskynlik meegedoen het aan die skrywe van die verhale.  Geen skrywers erkenning word in die boekies aangedui nie, (deur Koos Papenfus).

Kyk - Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronkKyk - Die bande wat ons bind en Tot elke duit
19. Kyk - Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronk 21. Kyk - Die bande wat ons bind en Tot elke duit

Kyk - Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaartKyk - Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms
28. Kyk - Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaart 33. Kyk - Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms

Kyk - Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer
95. Kyk - Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019